Dwelmtoetsing noodsaaklik om vertroue te help herstel

Deel van die herstelproses van ’n gesin waar iemand dwelms misbruik het, is om weer vertroue te bou.


Deel van die herstelproses van ’n gesin waar iemand dwelms misbruik het, is om weer vertroue te bou.

Die vyfpaneeltoets is ’n manier om voormalige dwelmmisbruikers te help om daardie vertroue terug te wen.

’n Urinetoets is die algemeenste dwelmtoets. Eenpaneeltoetse is beskikbaar wat vir een middel toets. Daar teenoor sal die vyfpaneeltoets vir vyf algemene middels kan toets.

Hoe werk die toets?

Die paneeltoets dui aan of iemand die laaste drie tot vyf dae enige dwelm gebruik het. Die meeste dwelms bly sowat vyf dae in die stelsel. Dagga bly egter tot 14 dae in die liggaam en kan ook getoets word.

Toetsprosedure

Maak seker die persoon wat getoets word, verskaf sy/haar eie urine. Die toetsstafie word vir 15 sekondes in die urine gedoop. Die uitslae sal binne vyf minute gesien kan word. Lyntjies, soos dié van ’n swangerskap-urinetoets, sal gesien kan word as dit positief is.

Verkeerde uitslae

Vals positiewe toetse is moontlik indien die mens wat getoets word, sekere medikasie neem. Geen medikasie moet voor ’n getoets gebruik word nie.

Dit is egter baie moeiliker om ’n vals negatief te kry. ’n Valse negatiewe uitslag beteken iemand het met die toets gepeuter, soos iemand anders se urine.

Hoe lank moet die persoon getoets word?

Verslawing is ’n lewenslange, kroniese toestand. Die herstelproses is dus ook lewenslank en gereelde, ewekansige toetsing word aanbeveel.

Waar is die toetse beskikbaar?

Die Cape Town Drug Counselling Centre verkoop die toetse en sal meer inligting oor behandeling kan verskaf.

Skakel 021 5717180 of besoek www.drugcentre.org.za

You need to be Logged In to leave a comment.