Twee mans is Vrydag 17 Maart in Mamre geskiet.

Volgens ’n polisiebron is die motief vir die voorval waarin een man noodlottig en ’n ander gewond is, dwelmverwant.

Terrence Cupido (35), ook bekend as “Plank’, het op die toneel gesterf nadat daar op hom en ’n 21-jarige man losgebrand is in Langlaan. Volgens kapt. FC Van Wyk, provinsiale woordvoerder, het die voorval die aand omstreeks 23:30 plaasgevind. Van Wyk sê verder Cupido is in die kop geskiet terwyl die ander man in die hand en been gewond is. Die man het mediese behandeling ontvang en is sedertien ontslaan.

Volgens ’n anonieme polisiebron, word daar tik verkoop in die bosse voor die eens bekende Blou Huis. Die bron sê die oorlewende het erken dat hulle in die bos gesit het, waar hulle dwelms verkoop het toe ’n onbekende man hulle genader het en op hulle losgebrand het. Luidens van Wyk word ’n klag van moord en poging tot moord ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Enige iemand met inligting word gevra om ao. Blankenberg by die Atlantis-polisiestasie te bel 021 571 8500.

You need to be Logged In to leave a comment.