Extra Mile, ’n gemeenskapsorganisasie het Vrouemaand op ’n spoggerige wyse gevier.
Die tema van die dinee wat 25 Augustus by die Saxonsea-gemeenskapsaal gehou is, was, The star that you are!
Vroue kon deur ’n naald getrek word in hul deftigste aandrokke en was bederf met musiek van die musikant Donveno Prins en sy orkes, Nur Abrahams en Ashley Pienaar, was die seremoniemeesters.
Organiseers van die dinee en voorsitter van die Extra Mile-organisasie, Priscilla Cloete, vertel sy reël die geleentheid sodat vroue kan ontspan en bederf word en soos vroue voel.