Fabriek reik uit na gemeenskap

Werknemers van Atlantis Seafood Products het in Desember besluit hulle wil die nood van plaaslike inwoners verlig.


Werknemers van Atlantis Seafood Products het in Desember besluit hulle wil die nood van plaaslike inwoners verlig.

Hulle het klere en niebederfbare kospakkies bymekaargemaak.

Die onderneming, in samewerking met die gemeente van His Family Christian Fellowship of SA het klere en kospakkies aan gemeenskaplede oorhandig.

Volgens Nicole Adonis het sy en ’n kollega, Tertia Pretorius, dié inisiatief geïnisieer en het die kerk vir hulp genader.

Sy sê voorts die werknemers was baie ywerig om te help en het hul hande diep in hul sakke gesteek.

Volgens Adonis beplan hulle om weer vanjaar kospakkies en klere in te samel en hoop hulle om selfs meer mense te bereik.

You need to be Logged In to leave a comment.