Fernando Galant van Uitbreiding 13 is vinnig besig om naam te maak op die rugbyveld.Foto: Verskaf


Fernando Galant (17) van Atlantis hou die afgelope twee jaar sy dorp se naam hoog by Hoërskool Witteberg in Bethlehem.

Patricia Galant, Ferando se ma, kan nie uitgepraat raak oor haar seun se prestasies nie.

Vroeër vanjaar is Ferando gekies om deel te wees van die Griffons se o.17-sewesrugbyspan wat in die September­vakansie deelgeneem het aan die nasionale sewestoernooi in Potchef­stroom.

Ferando, wat deesdae in die Vrystaat woon, is later gekies om deel te wees van die Northern Gladiators-span wat in November na Doebai gereis het om aan ’n B-liga-sewestoernooi deel te neem.

Ferando is nie net ’n uitblinker in rugby nie, maar is ook ’n rekordhouer vir verspring.

Met sy sprong van 6.72 m by sy hoërskool se interhuis-sportbyeen­koms het hy die rekord laat spat.

Patricia sê daar is geen verskoning dat omstandighede jongmense terughou nie. Sy sê as enkelouer weet sy hoe moeilik dit kan wees om ’n kind te help om hul talent te ontwikkel. Fernando se groot droom is om eendag die groen-en-goud oor sy kop te trek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 December 2025
    https://weslander.co.za/weslander-e-edition-11-december-2025/

Gift this article