Keena Warn, ’n graad 10-leerder aan Atlantis Sekondêr, droom om eendag ’n digbundel te laat publiseer.Foto:


Keena Warn (16), ’n graad 10-leerder aan Atlantis Sekondêr, sê sy “vind vertroosting” wanneer sy haar gedigte skryf.

Sy het haar liefde vir skryf ontdek tydens ’n “stormagtige en soms gewelddadige” tydperk by die huis toe sy maar in graad 4 was. “Ek het magteloos gevoel totdat ek my gevoelens begin neerskryf het,” vertel Warn.

Die kranige skrywer wil eendag ’n wetenskaplike word en sal ook graag haar gedigte in ’n bundel wil laat druk.

“Ander se pyn en omstandighede is my grootste motivering omdat ek self daar was,” sê sy.

Broken Home

Leaking windows, closed door.

Broken furniture, painted sores.

The demons are roaming, so put up your walls,

Close your windows, lock your doors.

Fix your furniture remove your sores.

Let your thoughts roam free

Let your imperfections be

Later on you will realise,

nothing is okay, it’s all a dream.

You need to be Logged In to leave a comment.