Thurston Adendorf is koelbloedig doodgeskiet terwyl hy en vriende sokker in die pad gespeel het.Foto: Verskaf


Twee verdagtes wat verdink word vir die skietdood van die 17-jarige Thurston Adendorf is steeds agter tralies.

Thurston, ’n gr. 10-leerder aan Hoërskool Robinvale, is 17 Desember verlede jaar in Lystersirkel, Robinvale doodgeskiet.

Twee ander tieners (13 en 16 jaar oud) is in die voorval gewond toe vermeende bendelede skielik op hulle losgebrand het.

Thurston, wat saam met sy vriende sokker in die pad gespeel het, was glo verkeerdelik as ’n bendelid aangesien. Die skieters het die jongman verskeie kere in die kop geskiet en hy het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Twee verdagtes wat sedertdien aangekeer is, het reeds verskeie borgtogaansoeke voor die hof gelê. ’n Familielid van die oorledene het aan Weskus Nuus gesê hulle verstaan nie hoe mense wat jongmense koelbloedig doodskiet, nog borgtog wil hê nie.

“Die goed moet rot in die tronk. Die twee verdagtes net bekend as Stout en Tubby sal weer vandag (26 Februarie) in die plaaslike landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.