Mase Loock, of Kingston soos hy ook bekend was, is vier keer in die kop geskiet en het op die toneel in ’n bekende kuierplek aan sy wonde beswyk.Foto: Verskaf


Die skote klap in die afwesigheid van die weermag weer vrylik in Atlantis.

Twee mans, onderskeidelik 27 en 26 jaar oud, is verlede maand in twee afsonderlike voorvalle afgemaai.

Saterdag 20 Julie kort voor middernag is die 27-jarige man in Namaquastraat, Saxonsea, geskiet.

Volgens kapt. FC van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het die oorledene op die toneel aan sy wonde beswyk.

Sondagaand is ’n vermeende bendelid in ’n kuierplek langs die ou Mamre/Darling-pad geskiet.

Volgens ’n betroubare bron is die 26-jarige Mase Loock, of Kingston soos hy ook bekend was, vier keer in die kop geskiet.

Hy het ook op die toneel aan sy wonde beswyk.

Dié bron vertel dat dit ’n beplande sluipmoord was aangesien vier onbekende mans net ingestap en op die oorledene wat in die kuierplek was, begin skiet het.

Volgens kapt. van Wyk is geen verdagtes nog in enige van dié twee voorvalle aangekeer nie.

Twee klagte van moord word ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 25 June 2025
    WeskusNuus-E-Edition-25-June-2025