Gemeenskap en polisie span saam teen misdaad

Gemeenskapslede van Atlantis, Mamre en Pella het Saterdag gewys dat hulle nie drama van bendelede sal duld nie toe die groep saam met lede van die polisie die strate van die bende geteisterde Proteapark ingevaar het.


Gemeenskapslede van Atlantis, Mamre en Pella het Saterdag gewys dat hulle nie drama van bendelede sal duld nie toe die groep saam met lede van die polisie die strate van die bende geteisterde Proteapark ingevaar het.

Volgens genl. Majoor Aneeqa Jordaan, bevelvoerder van die Milnerton-groepering, gaan die polisie nie langer toelaat dat bendelede gemeenskappe gevange hou nie. Sy sê die boodskap moet duidelik wees dat die gemeenskap “gatvol” is.

Lt.-kol. Michael Ledimo het die gemeenskappe geprys dat hulle reeds vroeg standpunt inneem om bendes te wys hulle is moeg vir die geweld in die dorp.

Hy sê ook dat die vennootskap tussen die polisie, die gemeenskap en gemeenskapspolisiëringsforum versterk by die dag.

Die polisieforum se buurtwag koördineerder, Riaan Baptis, het almal bedank vir hul opoffering en het beloof om die arm van die polisie te verleng met hul bystand en teenwoordigheid by sulke operasies.

Volgens kapt. Cyril Dicks, polisiewoordvoerder, wat ook saam die strate ingevaar het, is dit beslis ’n stap in die regte rigting en kry die polisie meer selfvertroue uit die gemeenskap, want meer mense kom na vore met inligting.

Johanna Malgas van Protea Park het die polisie en gemeenskap geloof en gevra dat dit elke naweek moet gebeur. “Ek hoop regtig hulle kom weer, want kyk die straathoeke is leeg. Jy sien die kwaaddoeners nou nêrens.”

You need to be Logged In to leave a comment.