Gemengde welslae by die Darling-sewestoernooi

Hamlets van Mamre het by die Darling-sewestoernooi Saterdag 3 Februarie die beste van al die plaaslike spanne gevaar.


Hamlets van Mamre het by die Darling-sewestoernooi Saterdag 3 Februarie die beste van al die plaaslike spanne gevaar.

Die spanne van Atlantis- en Mamre-rugbyklub kon eenvoudig nie die mas opkom nie en Hamlets het oor die voorlaaste hekkie gestruikel toe die span teen Belhar in die halfeindstryd met 14-28 vasgeval het.

Hamlets het reeds vroeg gewys dat hy vir die gesogte eerste prys van R8 000 speel toe die span Northens in ’n naelbytwedstryd met 12-5 geklop het.

Hamlets het in sy tweede wedstryd na ’n hoër rat oorgeskakel en Dassenberg met 29-0 afgeransel vir ’n plek in die laaste 16, waar hy Newtons van Wellington maklik met 33-12 geklop het.

Die kwarteindstryd teen Hands & Hearts was egter op ’n mespunt gebalanseer, maar die Mamriete het vasgebyt vir ’n welverdiende 26-5 oorwinning.

Belhar, wat die toernooi gewen het, het egter die span se dag bederf en het die span sy enigste nederlaag toegedien in die laaste vier.

You need to be Logged In to leave a comment.