Tweesinnigheid is ’n sleutelkonsep op die gebied van verslawing.

’n Verslaafde persoon het gemengde gevoelens oor verandering – die persoon wil ophou dwelms gebruik, maar vrees dit omdat hy nie weet hoe om sonder die dwelms klaar te kom nie.

Die idee van vry wees van dwelms is net so vreesaanjagend soos die idee van vir altyd verslaaf wees. Verslaafdes wens hulle kan ophou gebruik sodat hulle vry kan wees van al die probleme en komplikasies wat deur die dwelmgebruik in hul lewe veroorsaak word.

Indien verslaafdes die herstelproses effektief wil aanpak, moet hulle gemotiveer wees om te verander. Selfs al is ’n persoon aanvanklik ongemotiveerd vir verandering, is daar maniere om gereed te maak vir die verandering.

Dit laat die persoon toe om verantwoordelikheid te neem vir die veranderings wat nodig is. . Gesinsbetrokkenheid reg van die begin van die behandelingsproses maak ’n groot verskil.

Wanneer die gesin vroeg betrokke raak, kan gepaste grense van die begin af gestel word.

Soms moedig lede van die gesin onwetend dwelmgebruik aan. Deur deel te neem aan die herstelproses leer die gesin watter gedrag dwelmgebruik beperk en watter gedrag verandering aanmoedig.

By Cape Town Drug Counselling Centre word die gesin by sommige sessies betrek.

Die sentrum hou elke eerste Woensdag van die maand ’n gesinswerksessie waar hulle kan leer van verslawing. Belangstellendes is welkom. . Om gemeenskap-ondersteuningsgroepe saam met ’n behandelingsprogram by te woon, maak ’n groot verskil. Verslaafdes hoor eerstehands die ervarings van ander wat al langer met die herstelproses besig is. Ondersteuning en advies van herstellende verslaafdes word ook gebied.

Belangstellendes kan die Cape Town Drug Counselling Centre by 021 571 7180 skakel. Die volgende werksessie is op Woensdag 7 Augustus.

You need to be Logged In to leave a comment.