Geskiedenis herhaal hom toe huise weer brand

Vanjaar het drie gesinne van Avondale in Atlantis vir die tweede keer ’n swart Kersfees weens ’n brand.


Vanjaar het drie gesinne van Avondale in Atlantis vir die tweede keer ’n swart Kersfees weens ’n brand.

Edward Januarie en sy vrou Chrystal vertel dat beurtkrag die oorsaak van die brand was.

Januarie sê met verlede week se beurtkrag het die kragtoevoer, wat aan drie wendyhuise elektrisiteit verskaf, “net ’n blou straal gemaak” en in ’n oogwink het alles begin brand. Hulle kon net toekyk.

“Ons het buite gestaan toe die krag aangaan en die blou straal het terself­dertyd verskyn. Wat dit soveel moeili­ker vir ons maak, is die feit dat ons nou eers op ons voete gekom het nadat ons in 2016, ook hierdie tyd, alles verloor het. Toe was dit ook dieselfde drie gesinne wat alles verloor het. Ons het so moeilik aan die huisgoed gekom net om weer alles te verloor,” verduidelik hy.

Volgens Jenith Petersen (24) wat langs die Januarie-gesin woon het haar 15 maande oue baba slegs die klere aan haar lyf oor. Volgens Petersen gaan hierdie feestyd moeilik wees. Sy vertel dit het soos “krismis­liggies” gelyk toe die krag aangaan en die “blou straal” tot binne al drie huise versprei.

Januarie is glo reeds 13 jaar op ’n waglys vir ’n staatswoning en sukkel om ’n huis te kry. “Hulle kan mos maar net ’n erf gee sodat ons die wendy tydelik dáár kan sit,” het hy gekla. Met Weskus Nuus se besoek aan die drie gesinne was hulle hard besig om te herbou sodat daar ’n dak oor hul koppe vir Kersfees kan wees.

You need to be Logged In to leave a comment.