Gesondheidsorg lê suster na aan die hart

Die alombekende suster Olivia Pharo se primêre gesondheidsorgkliniek het Vrydag 1 Maart amptelik sy deure in Atlantis oopgemaak.


Die alombekende suster Olivia Pharo se primêre gesondheidsorgkliniek het Vrydag 1 Maart amptelik sy deure in Atlantis oopgemaak.

Volgens Pharo, wat baie jare lank by Wesfleur-hospitaal werksaam was, is dit tyd vir haar om ’n verskil in haar gemeenskap te maak.

“Dié sentrum sal basiese gesondheid­sorg aan die gemeenskap teen ’n goedkoop tarief verskaf. Drie profes­sionele mediese personeellede sal dié sentrum beman,” vertel sy trots.

Die sentrum sal alles dek van familie-beplanning tot oogtoetse asook huwelik- en HIV-berading.

“Dit is nie net ’n onderneming nie, maar ’n dienssentrum vir mense wat nie dokters kan bekostig of ure lank by die hospitaal wil wag nie,” het sy gesê.

Volgens Kaylib Pylman, die sentrum se eerste pasiënt, is hy baie beïndruk met die diens wat hy ontvang het. “Die mense laat jou onmiddellik tuis voel,” sê hy.

You need to be Logged In to leave a comment.