Gewilde vrouepopgroep herleef met nuwe lede

Die Kaapse vrouepopgroep Essential het in 1999 met die treffer “Give me back my love” die musiekwêreld soos ’n storm getref.


Die Kaapse vrouepopgroep Essential het in 1999 met die treffer “Give me back my love” die musiekwêreld soos ’n storm getref.

Die treffer was baie gewild in nagklubs, maar die groep het om verskeie redes van die radar verdwyn.

Volgens Ray Ernstzen, wat die nuwe groep bestuur, was daar baie navrae oor Essential. “Tina Gordon, ’n lid van die destydse groep, het met my kom praat oor ’n herlewing. Twee nuwe lede, Zara Jade en Melissa Sell, het aangesluit en sedertdien gaan die groep van krag tot krag,” meen Ernstzen.

Die groep het Saterdag 6 Julie oor hul herlewing en nuwe snit met Radio Atlantis gesels.

Volgens Ernstzen is die nuwe snit, “Be forever”, beslis ’n wenner en word reeds op van die voorste radiostasies in die Kaap gespeel.

You need to be Logged In to leave a comment.