Die Atlantis se skolegholfspan wat in die Westelike Provinsie se skole-gholfliga (noordelike liga) speel, maak reeds vroeg in die seisoen hul stem dik.
Dié span is ná twee wedstryde onoorwonne en het met Brackenfell en Reddam van Constantia afgereken.
Volgens Shawn Conrad, ontwikkelingsafrigter van die Atlantis-span, is die formaat van die spel dat die ses spelers in die span teen hul teenstanders moet speel. Conrad sê die span trek finansieel baie swaar, maar danksy die goedhartigheid van Percy de Leeuw en Leon Barry kan die leerders darem gratis by hul kompetisies uitkom. Die span speel Maandae op verskillende bane teen die provinsie se topskole.
. Enigeen wat die span wil help, kan Conrad by 083 532 4740 bel.