Gratis dienste maak nie net oë oop nie, maar ook harte

Honderde inwoners van Atlantis het die geleentheid tot gratis oogsorg aangegryp toe Rotariërs van Melkbosstrand onlangs ’n welstanddag gehou het.


Honderde inwoners van Atlantis het die geleentheid tot gratis oogsorg aangegryp toe Rotariërs van Melkbosstrand onlangs ’n welstanddag gehou het.

Dié klub het Woensdag 3 Oktober die Emmanuel-dagsorg besoek vir die geleentheid.

Volgens Josie Norfolk, voormalige voorsitter van dié klub, het die internasionale liggaam van die Rotariërs besluit om sy jaarlikse welstanddag te kanselleer, maar weens die nood in Atlantis het die plaaslike klub self ingespring. ’n Tekort aan geld het hulle nie gekeer om die dienste aan die Atlantis-gemeenskap te bied nie.

Joyce Anderson, sentrumbestuurder en maatskaplike werker van Emmanuel, sê hulle is bly hulle kan die sentrum beskikbaar stel vir die Rotariërs en plaaslike oogkundige Frederick Jansen wat inwoners se oë getoets het.

Sy meen deur dié blootstelling kan die gemeenskap ook sien watter dienste die sentrum aanbied.

You need to be Logged In to leave a comment.