Die Atlantis Harriers- halfmarathon het Saterdag meer as 800 atlete van oor die provinsie gelok.
Hierdie gewilde halfmarathon is Saterdag 11 Augustus vir die 18de keer aangebied. Die provinsie se beste langasematlete het weer aan die geleentheid deelgeneem.
Die mansafdeling is deur Siviwe Nkombi van die Ikteko-atletiekklub in ’n tyd van 66:46 gewen. Die voue-afdeling is deur die plaaslike atleet, Lee-Shay Willemse van die Velocity-atletiekklub in ’n tyd van 85:34 gewen. Willemse het die wedloop vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen en het behoorlik hakskene aan die ander vroulike atlete gewys toe sy van die wegspring heeltyd voor was.