Hamlets al nader aan titel

Hamlets het Saterdag 3 Augustus nog ’n tree nader aan die WP Superliga B-titel gegee toe die span ’n bonuspunt-oorwinning van 33-19 teen Bellville in ’n wegwedstryd behaal het.


Hamlets het Saterdag 3 Augustus nog ’n tree nader aan die WP Superliga B-titel gegee toe die span ’n bonuspunt-oorwinning van 33-19 teen Bellville in ’n wegwedstryd behaal het.

Die span van Gavin Passens het met die oorwinning tot die tweede plek op die punteleer geklim, een punt agter die voorlopers, Kuilsrivier.

Met nog drie wedstryde van die seisoen oor, is die span sterk op pad na die titel en pak Saterdag St. Georges in Mamre. Dit kan opwindende hardlooprugby tot gevolg hê.

Passens en sy troepe behoort dié belangrike bonuspunt-oorwinning te behaal.

Volgens die klub se bestuur speel hulle deesdae vir hul ondersteuners wat in hul honderde opdaag in tuis- en wegwedstryde.

“Ons ondersteuners laat ons voel of ons tuis speel en dit motiveer die span.”

Die wegwedstryd tussen Hamlets en sy naaste teenstaander – Kuilsrivier – oor twee weke, sal bepalend vir albei spanne wees voordat die span sy verpligtinge oor drie weke teen Collegians afsluit.

You need to be Logged In to leave a comment.