Hier is dit nodig dat ons die volgende vier aspekte ondersoek.
Die pad wat gewoonlik tot haweloosheid lei: Die persoon wat haweloos is, mag dalk vele komplekse verduidelikings hê oor waarom hy of sy haweloos is. Die waarheid is egter dat dit baie keer juis verslawing is wat tot haweloosheid lei.
Werkloosheid is baie keer ’n gevolg van aktiewe verslawing. Die verslaafde persoon prioritiseer die gebruik van middels bo ander verantwoordelikhede. Dit lei tot afwesigheid van die werk en dat dit hul werkstandaard verswak.
Verlies aan beheer oor finansies: Wanneer iemand in aktiewe gebruik is, dan is die persoon baie keer geneig om al hul hulpbronne in die gebruik in te ploeg. Dit sluit finansiële hulpbronne soos werkloosheidspolisse in.
Verlies van familie ondersteuning: Families sit soms baie moeite in om hul geliefde sover as moontlik te ondersteun, maar tot op ’n punt toe. Soms na herhaalde teleurstellings en vertroue wat herhaaldelik verbreek word, raak familie moedeloos. Hul is geneig om hul ondersteuning te onttrek en die persoon te vra om die huishouding te verlaat.
Moontlike oplossings:
Die bogenoemde mag dalk oorweldigend klink. Daar word verstaan waarom persone op die straat beland, maar wat kan daaraan gedoen word? Behandeling vir die verslawing:
Dit is van uiterste belang dat die persoon behandeling ontvang vir sy/haar verslawing. Byvoorbeeld, by Cape Town Drug Counselling Centre bied hulle ’n ses week lange buitepasïent- program aan waarby die persoon kan aansluit.
Verblyf:
Dit is nie realisties dat iemand vir verslawing behandeling ontvang terwyl hul op die straat is nie. Terwyl die persoon steeds haweloos is, is hy/sy heel moontlik met ander gebruikers omring. Die persoon benodig toegang tot tydelike verblyf by ’n huis vir persone wat haweloos is. ’n Bonus sal wees, as die huis totale onthouding van middels aanmoedig.
Moenie geld gee nie: Geld maak die verslawing erger. Dit hou die verslaafde persoon vasgevang in hul huidige omstandighede. Geld kan dien as die middel om dwelms of alkohol te bekom en dien moontlik as ’n bron van versoeking. Indien jy graag wil geld gee, skenk eerder geld aan ’n organisasie sonder winsbejag of skuiling wat met hawelose persone werk.
Behandel hawelose mense met respek: Hawelose persone is steeds mense. Almal het die basiese menseregte om met respek, vriendelikheid en waardigheid behandel te word.
Kontak Cape Town Drug Counselling Centre in Atlantis by 021 571 71 80 vir inligting oor waar jy ondersteuning vir jouself of ’n geliefde kan kry.