“Dit het soos ’n ligte aardbeweging gevoel.”

Só vertel Rowena Carstens van Mamre nadat stormsterk winde ’n gebou van ouer as 60 jaar omgewaai het, en haar skoonpa se motor in ’n wrak omskep het.

Carstens vertel dat sy Dinsdagnag (23 Julie), terwyl sy geslaap het die trilling gevoel en eers gedink het dis ’n aardbewing, maar het besef iets is drasties verkeerd toe mense angstig buite gegil het. Sy vertel dat die skok so groot was dat sy ’n dokter moes sien.

Haar man, Marlon, wat nagskof gewerk het, vertel dat dit alles verhoed kon gewees het as die Stad Kaapstad nie so sloer met hul bouplanne nie.

Volgens die Carstense het hulle reeds in Mei bouplanne ingedien om die mankolieke gebou af te breek. Hy sê in ’n brief van die stad se beplanning- en omgewingsbestuurafdeling, wat in Weskus Nuus se besit is, is hulle meegedeel dat spesiale toestemming eers van Wes-Kaapse Erfenis gekry moet word omdat die gebou ouer as 60 jaar oud is, al voordat afbreuk van die planne goedgekeur kan word.

“Almal trek nou skouers op terwyl ons met derduisende rande se skade sit vertel,” meen paartjie.

“Wat my egter boos maak toe ons hulle vertel dat dit net ’n kwessie van tyd is voordat die ander helfte gaan val en dat dit dié keer dalk iemand se lewe kan kos, was ons deur dieselfde department in ’n brief gesê ons kan maar die ander helfte afbreek,” sê Marlon.

Die paar wil weet wat het dan nou skielik van die erfenis geword. Die egpaar is besig om regsadvies in te win, omdat hulle voel die iemand verantwoordelikheid om aanvaar.

Stad Kaapstad se kommentaar: @@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@@

You need to be Logged In to leave a comment.