Hoe werk stemme?

Binnekort – Woensdag 8 Mei – word die nasionale en provinsiale verkiesing gehou. Hierdie verkiesing vind elke vyf jaar plaas.


Binnekort – Woensdag 8 Mei – word die nasionale en provinsiale verkiesing gehou. Hierdie verkiesing vind elke vyf jaar plaas.


. Die nasionale regering stel wette en beleide op en voer dit uit vir die hele land. Dit bestaan uit die parlement, wat deur die Speaker gelei word, en die nasionale regering, wat deur die president en ministers gelei word.. Die provinsiale regering stel wette en beleide op wat slegs die provinsie raak en voer dit uit. Dit bestaan uit:. Die Wetgewer wat deur die Speaker gelei word, en die provinsiale regering wat deur die premier en lede van die Uitvoerende Raad (LUR) gelei word.Waarvoor stem jy?. Nasionale stem: Jy stem vir ’n politieke party om jou in die nasionale vergadering te verteenwoordig.. Provinsiale stem: Jy stem vir ’n politieke party om jou in die Provinsiale Wetgewer te verteenwoordig.

Wat jy moet weet oor die stemproses:
. Kiesers wat aansoek gedoen het en kwalifiseer vir spesiale stemme sal hul kruisie Maandag 6 en Dinsdag 7 Mei tussen 09:00 en 17:00 kan trek. Dit sluit in kiesers wat weens ’n gebrek nie by die stemlokaal kan uitkom nie en aansoek gedoen het om by ’n spesifieke adres te stem, asook kiesers wat weens spesiale redes nie op verkiesingsdag kan stem nie. Die res van die kiesers kan Woensdag 8 Mei tussen 07:00 en 21:00 by die kieslokaal waar hulle geregistreer is gaan stem.

Stembriewe waarop vir een of meer party gestem is of waarop dit nie duidelik aangedui is vir watter party gestem word nie, sal uitgegooi word.

You need to be Logged In to leave a comment.