Die oudhoof van Parkviewe Primêr, Waldie Kastoor (links), wens Granded McDillon geluk met sy aanstelling as skoolhoof. Foto: Verskaf


Hy wil ’n veilige hawe vir die leerders skep. Só het die nuwe skoolhoof van Parkview Primêr, die 57-jarige Granded McDillon, gesê.

McDillon is beslis nie ’n vreemdeling by die skool nie. Hy is sedert 1984 deel van die Parkview-familie.

McDillon wat vir 24 jaar die adjunk­hoof was, staan die skoene vol van Waldie Kastoor, wat verlede jaar die skool gegroet het.

Dié boorling van die Klein Karoo in Oudtshoorn het reeds vroeg gewys hy is ’n gebore leier toe hy ná vyf jaar by die skool tot departementshoof bevorder is.

McDillion is ses jaar later tot die hoof se nommer twee bevorder. In Januarie het hy waargeneem as hoof nadat Kastoor in Desember afgetree het. McDillion is onlangs amptelik as die nuwe skoolhoof aangestel.

“My visie is om te help om goeie burgers vir die dorp te kweek. Vir die leerders streef ons om almal een doel te hê en dit is om die akademie te bevorder,” verduidelik McDillion.

You need to be Logged In to leave a comment.