Inbraak by polisiestasie

Rowers het na bewering die naweek van 12 Mei doodluiters by die Atlantis-polisiestasie ingeloop en ’n kantoor oopgebreek op soek na geld.


Rowers het na bewering die naweek van 12 Mei doodluiters by die Atlantis-polisiestasie ingeloop en ’n kantoor oopgebreek op soek na geld.

Volgens ’n polisiebron, wat by die stasie werk, het die boewe die finansiële klerk se kantoor oopgebreek met die hoop om geld daar te vind, maar moes met leë hande die aftog blaas nadat hulle glo nie ’n kluis kon oop kry nie.

Die bron sê dis in dié stadium onbekend hoeveel rowers daar was en presies wanneer dit gebeur het.

“Die plek is baie onveilig en dit is vreemd dat niemand kon hoor mense is besig om die slot oop te breek nie,” het die bron gesê.

Volgens ’n ander bron het daar ook op ’n ander geleentheid ’n warmwatersilinder (geyser) uit die woonkwartiere – waar van die polisiebeamptes woon – op die perseel verdwyn.

Konst. Debi Alard, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en sê die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak.

Alard sê voorts dat geen staatseiendom gesteel is nie, maar die boewe het wel van die klerk se persoonlike eiendom gevat.

You need to be Logged In to leave a comment.