Inisiatiewe teen bendegeweld en dwelms word goed ondersteun

Atlantis was Sondag 26 Maart in rep en roer toe kerke uit alle oorde gestap het teen bendegeweld, armoede en dwelms.


Atlantis was Sondag 26 Maart in rep en roer toe kerke uit alle oorde gestap het teen bendegeweld, armoede en dwelms.

Die verkeer is tot stilstand gedwing deur die massiewe groepe mense wat deur Grosvenorlaan, Charl Uys-rylaan, Meerminstraat en Gardeniastraat beweeg het.

Volgens past. Sydney Jacobs, koördineerder van die prayer walk, was dit ’n reusesukses. “Dit is die eerste keer dat so baie kerke betrokke is. Daar moet meer sulke gebedsessies gereël word,” was van die terugvoering wat hy van inwoners ontvang het.

Inwoners het op straathoeke vergader en soos ’n sneeubal aan die rol al meer en meer geword soos hulle verby bende-geteisterde areas na Avondale gestap het. Lede van die ex-Prisoners Outreach Team het in hul volle oranje gewaad, boeie en kettings al klinkend, saamgestap.

Meer as ’n duisend kerkgangers het op die veld langs 7-Eleven in Avondale vergader. Die getuienis van evangelis Edward Ackerman van Lightlife Evangelistic Ministries, het die skare geboei gehad met sy lewensverhaal.

Ackerman was reeds op 12-jarige ouderdom betrokke by bendes omdat hulle aan hom soort van ‘aanvaarding’ gegee het. Op hoërskool word hy toe die leier van ’n bende. Na matriek het hy opgeskuif tot leier van ’n groter bende. Om homself in hierdie posisie te bewys, moes hy een van sy eie broers skiet met wie hy in dieselfde huis grootgeword het. In daardie stadium was drie van sy ouer broers leiers van drie verskillende bendes. Een aand het hy en ’n vriend geloop toe ’n motor voor hom stilhou en twee mans skielik op hom losbrand. Die eerste twee koeëls het hom direk in die maag getref. Die skote ruk hom tot op die teerpad en terwyl hy op sy maag val, ruk ’n koeël in sy rugwerwel dat hy hop op die pad, met nog twee skote in die skouers. By die hos-pitaal is hy dood verklaar. Sy liggaam is voorberei vir die lykshuis…maar sy brein was wakker.

Die Community Prayer Walk was die begin van ’n weeklange uitreikingsveldtog wat deur Ackerman geïnisieer is. As deel van sy uitreiking het Ackerman ook Maandag by die Dura-woon-stelblokke met bendelede en hul ouers gaan gesels. Daar is ook die afgelope paar weke ’n skole-uitreikprogram (skole crusades) gehou. Tydens die sessies word daar meer direk met leerders gepraat oor hoe bende-bedrywig-hede hulle op die verkeerde plekke kan laat beland.

“Die kinders vergaap hulle aan die ware verhale wat die gassprekers aan hulle kom voorhou,” vertel Jacobs.

Dié projek is ook deur evan-gelis Edward Ackerman geïni-sieer in samewerking met pastore Sydney Jacobs en Hester Moses.

You need to be Logged In to leave a comment.