Daar is ’n verskil tussen binne- en buitepasiënte. Weskus Nuus werp lig op die onderwerp.
Buitepasiënt-behandelingDit is wanneer pasiënte deur die dag die weeksessie by ’n sentrum bywoon. Die pasiënte slaap nie by die sentrum nie, maar woon net sessies deur die dag by.

’n Program is gewoonlik ses tot agt weke lank. By Cape Town Drug Counselling-sentrum word daar van pasiënte verwag om ten minste drie verpligte sessies per week by te woon asook die familiesessies. Koste: Die koste is gewoonlik baie laag. Dit sluit gewoonlik weeklikse geld in, wat die pasiënt kan betaal soos dit hulle pas met ’n opsie om geld te skenk indien pasiënte die finansiële vermoë het. Binnepasiënt-behandelingDie pasiënt is vir ongeveer drie tot vier weke by die sentrum woonagtig. By hierdie inslaapperiode woon die pasiënt steeds terapeutiese sessies by. Die pasiënt neem ook deel aan groeps­aktiwiteite.Koste: Koste by privaat sentrums is baie hoog en gewoonlik slegs bekostig­baar deur diegene wat toegang het tot ’n mediesefonds.

Die pluspunt is dat hierdie sentrums gewoonlik nie ’n waglys het nie. Staatsentrums is gewoonlik gratis of gesubsidieer, maar het gewoonlik ’n waglys van ’n paar maande lank.

Wanneer word buitepasiënt- behandeling aanbeveel? Mense is geneig om te dink dat binnepasiënt-behandeling die beter opsie is omdat hul geliefde in ’n veilige plek bewaar word en nie toegang tot dwelmmiddels het nie.

Die waarheid is egter dat buitepasiënt-behandeling meer doeltreffend is in die meeste gevalle. Dit stel die kliënt in staat stel om te leer om hul herstelproses te handhaaf en te hanteer in hul normale omgewing; byvoorbeeld, hoe om moeilike emosies binne-in die gesinsverband te bestuur of hoe om hoërisiko-situasies te hanteer.

By binnepasiënt-behandeling word die persoon uit hierdie situasies verwyder.

Hulle leer vaardighede om die situasies te hanteer, maar word nie in die sentrum aan hierdie situasies blootgestel nie. Die persoon wat die behandeling bywoon se skoolopleiding, beroep of ander verantwoordelikhede word nie onderbreek nie. Dit is makliker vir familie om ook betrokke te raak by die program en familie-sessies, aangesien die meeste buitepasiënt-programme naby woongebiede is terwyl binnepasiënt-programme gewoonlik verder geleë is.

Wanneer sal binnepasiënt-behandeling aanbeveel word?Binnepasiënt-behandeling sal gewoonlik aanbeveel word vir ’n persoon wat verslaaf aan heroïen is. Hierdie persone sukkel gewoonlik meer om dit op te hou gebruik. Benewens behandeling moet hierdie persone ook ’n ontgiftingsproses deurgaan.

Binnepasiënt-behandeling kan hierdie proses vergemaklik. Binnepasiënt-behandeling is verder gepas vir diegene wat reeds buitepasiënt-behandeling probeer het en onsuksesvol was..Cape Town Drug Counselling Centre Atlantis bied ’n ses weke buitepasiënt-program aan. Bel 021 571 7180 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.