Inwoners lewe nou in vrees na ‘staatsgetuie’ wreed vermoor is

Inwoners van die Babblers Place lewe nou in vrees nadat ’n 37-jarige man op ’n wrede manier in sy huis vermoor is.


Inwoners van die Babblers Place lewe nou in vrees nadat ’n 37-jarige man op ’n wrede manier in sy huis vermoor is.

Llewellyn Brandt is 6 Oktober omstreeks middernag in sy woonstel, vermoedelik deur 30 mans, oorval en talle kere met messe gesteek.

Volgens ’n familielid, wie uit vrees nie genoem wil word nie, het Attie – soos Brandt alombekend was – ’n ontelbare aantal steekwonde aan sy lyf gehad. Hy het, volgens inwoners, uitkomkans gekry, maar het sowat 20 meter van sy huis neergestort en net daar in die straat aan sy wonde beswyk.

Volgens die familielid was Brandt saam met ’n vriend in die huis toe die voorval plaasgevind het. Die ander man is ook raakgesteek en is met ’n sementblok gegooi, maar kon uit die kloue van die kwaad­doeners ontsnap en is voorlopig in polisiebeskerming geplaas.

Die familielid beweer ook Brandt was ’n staatsgetuie in ’n moordsaak en sou glo binne­kort in die hof getuig.

“Dit kan volgens die familielid die motief vir die grudaad wees.

Inwoners wat met Weskus Nuus gepraat het, het daarop aangedring om anoniem te bly.

“Van ons kinders is ook getuies in moordsake. Dit beteken ons moet nou met een oog oop slaap, want wat as my kind volgende is,” het een vrou gesê.

. Nathan Goodman (25), ook bekend as “Put” is 30 September in Bigoniastraat, Proteapark doodgeskiet. Goodman is glo ’n enkelskoot in die rug toegedien en het op die toneel gesterf. Lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder het die voorval bevestig.

Volgens ’n polisiebron is ’n handgemaakte haelgeweer langs die oorledene gevind. Die bron meen egter dit wil voorkom of die oorledene homself wou verdedig, maar dit blyk die handgemaakte wapen wou nie afgaan nie.

You need to be Logged In to leave a comment.