Jeugdag is in en om Atlantis op verskeie maniere gevier.
Die netbalvereniging in samewerking met die plaaslike ANC-kantoor en die Lungile Mtshowana-stigting het ’n netbaltoernooi by die Robinvale-sportveld gehou.
Natasha van Vuuren, sekretaris van die netbalvereniging, het ook ’n optog gereël.
“Ons gemeenskap en ander gemeenskappe is die afgelope tyd geruk deur die moord van en geweld teen kinders en vroue. En dit is hoekom ons bewusmaking wil bring,” het Van Vuuren gesê.
Ander rolspelers op die dag was dr. Gregory Davids, Nicro en Radio Atlantis.