Jomos se treurmare in die ABC Motsepe-liga duur voort nadat hy Vrydag 27 Oktober in Stellenbosch teen United met 4-1 verloor het. Rustyd was die tuisspan reeds met 3-0 voor. Jomos het twee weke gelede sy eerste ligapunt behaal toe hy met Barcelona op Robinvale-sportveld die louere met 2 elk gedeel het.
Saterdag speel die span weer tuis teen Royal Blues. Die wedstryd begin om 15:00. Vrydag 10 November reis die span na Nyanga waar hy teen Ace FC speel en 18 November asook 25 November speel Jomos onderskeidelik teen Steenberg United en D&G Orient tuis.