Jomos Power verloor teen Glendene

Jomos Power het Vrydagaand 25 November op Manenburg 5-1 verloor teen Glendene.


Jomos Power het Vrydagaand 25 November op Manenburg 5-1 verloor teen Glendene.

Dit was nadat Thapes Brandt reeds in die eerste vyf minute ’n doel aangeteken het en die tuisspan laat voorloop het. Die Blou Duiwels het egter lelik uitgesak en hul verdedigers kon net nie al die gate toe stop nie.

Op Saterdag 19 November het hulle Devonshire Rovers in ’n wegwedstryd met 5-1 geklop. Wayne Hare (2) en Valentino Thomas het voor die pouse Jomos 3-0 laat voorloop. Cornel Tieties en Romano Kotze het na die pouse sukses behaal.

Jomos Power het op 12 November sy eerste oorwinning in die ABC Motsepe sokkerliga behaal toe hy Atlantic National op Saxonsea met 1-0 geklop het. Die vorige week het hulle teen Magic in die Nasionale Nedbank trofee 2-1 verloor.

Valentino Thomas het Jomos Power se doel aangeteken. Thapes Brandt, leenspeler van Robinvale Spurs, het die doel in die eerste helfte behaal in die ligakompetisie. Die geluksgodin was beslis in dié belangrike tuiswedstryd aan Jomos Power se kant. Die besoekers het in die tweede helfte Lonn van Graan se span onder geweldige druk geplaas.

Jomos Power het die besoekers egter met desperate verdediging verhoed om doele aan te teken. Jomos speel Saterdag 3 Desember tuis teen Ikapa en Saterdag 10 Desember weg teen Zizwe. Hulle speel hul laaste tuiswedstryd voor die pouse op 17 Desember teen Crystal Palace.

You need to be Logged In to leave a comment.