Jomos sal sokkies moet op trek om in ABC Motsepe-liga te presteer

Jomos Power het ’n baie groot pak gekry in sy eerste ABC Motsepe-ligawedstryd van die seisoen Vrydag 15 September.


Jomos Power het ’n baie groot pak gekry in sy eerste ABC Motsepe-ligawedstryd van die seisoen Vrydag 15 September.

Tydens die wegwedstryd het Houtbaai die tuisspan met 8 doele teenoor 1 vermorsel, waarvan vyf in die eerste helfte aangeteken is. John van Graan het Jomos Power se doel in die tweede helfte aangeteken. Die span van Atlantis sal beslis hul sokkies moet optrek as hulle ’n goeie seisoen wil beleef.

Alle paaie lei op 7 Oktober na Robinvale-sportveld wanneer afrigter, Lonn van Graan se span teen Ajax Cape Town kragte meet. Die wedstryd begin om 15:00. Albei kragmetings tussen die twee spanne verlede seisoen het gelykop geëindig.

Vrydag 13 Oktober speel hulle weg teen Ikapa Sporting in Mitchells Plain en op 21 Oktober pak hulle Barcelona op Robinvale.

¦Die Atlantis Sokkervereniging se uitklop eindstryde word 14 Oktober ook op Robinvale-sportveld beslis. In die premier asook eerste liga pak die kampioene Robinvale Spurs vir Jomos Power.

You need to be Logged In to leave a comment.