Jomos sal sokkies moet optrek

Relegasie staar die kroonprins van Atlantis-sokkervereniging in die gesig.


Relegasie staar die kroonprins van Atlantis-sokkervereniging in die gesig.

Jomos Power, wat nou in die ABC Motsepe-liga meeding, sal al hul uitstaande wedstryde moet wen om relegasie vry te spring.

Die span het verlede seisoen, deur uitstekende verdediging, die liga in sy fondamente geskud en die SAB-titel gewen, maar hierdie seisoen wil dinge net nie regkom nie.

Afrigter, Lonn van Graan, se span kon net een of twee wegwedstryde wen. Die span sal spoedig moet verbeter. Dit het nou tyd geword dat almal opstaan en wys wat in hulle steek.

Vrydagaand 3 Februarie het hulle weereens met 1-3 teen Magic verloor in ’n wegwedstryd op Old Mutual Park.

In die wedstryd was die verdediging by tye goed, maar het weereens verkrummel onder druk.

Voorlangs het die doelskieters ook talle kanse verbrou, daar was kans dat hulle ten minste met ’n enkele punt kon huiswaarts keer.

Die hartseer storie het Saterdag voortgegaan toe hulle op hul tuisveld net-net teen die tweede geplaaste Steenberg United 1-2 verloor het. Jomos het aansienlik beter gespeel, maar twee foute het hulle twee doele gekos. Teen rustyd was die besoekers 1-0 voor. Kort na rustyd het Thapes Brandt sake gelykop gemaak.

Jomos speel Vrydag teen Milano in Grassy Park en Saterdag 25 Februarie tuis teen FC Cape Town om 15:00.

You need to be Logged In to leave a comment.