Jomos Power het sy doelwit om in die ABC Motsepe-liga te bly, versterk.
Saterdag 1 April het Lonn van Graan se span hul posisie versterk deur Glendene op Saxonsea met 2-0 kaf te draf. Dit het die Blou Duiwels tydelik tot die 11de posi-sie op die punteleer gestoot en hulle is nou net bo die gevaar-sone.
Met slegs vyf wedstryde oor in die liga lyk die kanse goed dat die plaaslike span volgende seisoen ook in hierdie gesogte liga sal speel.
Van Graan se span sal bitter graag in al die oorblywende wedstryde die maksimum punte wil behaal en sal veral na die veteraan doelskieter, Wayne Hare, kyk vir inspirasie en die verwag-ting is groot dat hy van voor sal lei.
Die einste Hare het kort voor die pouse ’n briljante doel vir Jomos Power behaal in die wedstryd teen Glendene.
Die hele Blou Duiwels-span het in die eerste helfte skitterend gespeel en mens kon voel dat hulle in die liga wil bly. Na die pouse het Jomos Power hulle skitterende spel voortgesit en Zhandre “Knaap” Booysen het sy span se tweede doel behaal, na slim spel deur die middeveld-spelers.
- Die jeugdige span van Atlantis het Vrydagaand 7 April die louere 0-0 gedeel met Ikapa Sporting. Die wedstryd is op Gugulethu beslis en almal was dit eens dat Jomos skitterend in die wegwedstryd gevaar het en wil beslis hul ABC Motsepestatus behou.
Jomos het skitterend verdedig en sy doelwagter het ook ’n paar kanonskote van Ikapa Sporting gekeer. Die voorspelers het ook skitterend gevaar en is nie baie kanse gebied om doele te behaal nie en met volpunte huiswaarts te keer nie.
Oor die algemeen voel Jomos Power baie beter en sal hulle met groot vetroue die voorloper in die liga, Ziwe United, oor Paasnaweek (Saterdag 14 April) op Saxonsea-sportveld om 15:00 pak. ’n Groot skare word verwag. Dit belowe om ’n titaniese stryd te wees.