Jomos speel gelykop teen Sizwe United

’n Gefrusteerde Jomos Power-span het verlede Saterdag 15 April baie foute gemaak in hul ABC Motsepe-ligawedstryd op Saxonsea teen voorbokke, Zizwe United.


’n Gefrusteerde Jomos Power-span het verlede Saterdag 15 April baie foute gemaak in hul ABC Motsepe-ligawedstryd op Saxonsea teen voorbokke, Zizwe United.

Hulle was teen die einde baie gelukkig om met ’n gelykoptelling van 2-2 te eindig. Jomos, oftewel die Blou Duiwels, het egter van 11 na 13de plek op die punteleer geskuif weens ander uitslae in die tawwe liga.

Die span het nou drie wedstryde – een tuis en twee weg – oor en moet al drie wen. Die span het alles gegooi na die eerste geplaasde Zizwe United, maar kon nie die bal oor die lyn kry nie. Die aksie in die eerste helfte was meesal in die middel van die veld en doelkanse was min en ver met albei spanne se doelskieters wat gefaal het om die beste te maak van die skaars kanse.

Daar was geen doele in die eerste helfte aangeteken nie. Jomos het vele kanse gehad, maar Zizwe United het die kanse versmoor en hulle in die middeveld laat speel. Na die pouse het Jomos baie beter gespeel tot die vermaak van hul tuisskare. Die voorbok het egter die eerste doel behaal nadat hulle Jomos se verdediging uitoorlê het.

Zhandre Booysen het egter kort daarna sake gelykop gemaak met ’n doel vir die tuisspan. Met 10 minute op die klok, het die besoekers weer voortou geneem.

In die doodsnikke van die wedstryd het Jomos daarin geslaag om sake gelykop te maak na die doelwagter van Zizwe United ’n fout begaan het en ’n vryskop aan Jomos vergun het. Nathaniel Van Graan het met ’n briljante vryskop die bal in die pale laat beland.

SSaterdag het Crystal Palace vir Jomos ’n sokkerles laat opsê in Manenburg, toe hulle die Blou Duiwels met 6-2 verslaan het. Rustyd was dit 3-1. Wayne Hare het albei Jomos Power se doele aangeteken.

Saterdag 29 April speel Jomos Power hul laaste tuiswedstryd teen United en 5 Mei speel hulle weg teen Ajax Kaapstad. Jomos moet volpunte in albei hierdie wedstyde kry.

You need to be Logged In to leave a comment.