Jomos Power het uiteindelik sy eerste oorwinning in die ABC Motsepe-liga behaal toe die span Royal Blue, 4 November in Robinvale met 4-1 geklop het. Teen rustyd was die tuisspan reeds met 2-0 voor.
Die span speel sy volgende twee ligawedstryde 18 en 25 November tuis teen Steenberg United en D&G Orient onderskeidelik. Albei wedstryde begin 15:00.