Jomos Power het Saterdag 7 Oktober in die SAFA ABC Motsepeliga op sy tuisveld teen Ajax Cape Town vasgeval.
Die tuisspan het hul sesde agtereenvolgende wedstryd verloor toe hulle met 0-1 verloor het.
Die bloutruie het ’n goeie eerste helfte gehad, maar kon nie afrond nie en beide spanne het rustyd gaan water drink met geen telling op die bord nie.
Veteraan-doelskieter Wayne Hare het vroeg in die tweede helfte opgekom en onmiddellik sy teenwoordigheid laat geld. Goeie verdediging deur die besoekers het egter die tuisspan verhoed om die agterkant van die nette te vind.
Die span het Saterdag 14 Oktober na Blue Downs gereis en weer tweede gekom in sy ligastryd teen Ikapa Sporting. Die eindtelling was 5-2. Hulle speel 21 Oktober weer tuis teen Barcelona.