Dit is nog vroeg in die seisoen en stoere Jomos-ondersteuners staan bankvas agter hulle span in hoop dat hulle gou tot hul volle potensiaal sal speel. Foto: Joline van der Merwe


Jomos Power het Saterdag 7 Oktober in die SAFA ABC Motsepeliga op sy tuisveld teen Ajax Cape Town vasgeval.

Die tuisspan het hul sesde agtereenvolgende wedstryd verloor toe hulle met 0-1 verloor het.

Die bloutruie het ’n goeie eerste helfte gehad, maar kon nie afrond nie en beide spanne het rustyd gaan water drink met geen telling op die bord nie.

Veteraan-doelskieter Wayne Hare het vroeg in die tweede helfte opge­kom en onmiddellik sy teenwoordig­heid laat geld. Goeie verdediging deur die besoekers het egter die tuisspan verhoed om die agterkant van die nette te vind.

Die span het Saterdag 14 Oktober na Blue Downs gereis en weer tweede gekom in sy ligastryd teen Ikapa Sporting. Die eindtelling was 5-2. Hulle speel 21 Oktober weer tuis teen Barcelona.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 December 2025
    https://weslander.co.za/weslander-e-edition-11-december-2025/

Gift this article