Jomos wys krag in Nedbank-bekertoernooi

Die plaaslike sokkerspan, Jomos Power, is tans onoorwonne in die land se gesogte Nedbank-bekertoernooi wat 24 Augustus afgeskop het.


Die plaaslike sokkerspan, Jomos Power, is tans onoorwonne in die land se gesogte Nedbank-bekertoernooi wat 24 Augustus afgeskop het.

Dié toernooi is een van die land se mees bekende sokkerskouspele, waar klubs soos Orlando Pirates, Cape Town City en Sundowns kragte meet.

Jomos is slegs twee wedstryde weg van ’n plek in die laaste 32 en indien hy hierdie twee wedstryde wen, kwalifiseer die span outomaties vir die top-32, waar hy dalk teen van die land se topklubs te staan sal kom.

Hoewel baie formate oor die jare gebruik is, is dié toernooi altyd gegrond op die idee dat laer liga- en amateurspan die geleentheid sal kry om met klubs van die topliga vir die beker te kompeteer.

Jomos se laaste wedstryd in hierdie toernooi was Saterdag 15 September weg teen Mbekweni Cosmos van Khayelitsha waar hy 2-1 gewen het. Die doele was deur die voorspeler Clement Fortuin aangeteken.

Die doelwagter, Eugene “Spoed” Titus, is gekies as die speler van die wedstryd.

Jomos is ook hard besig met sy wedstryde in die ABC Motsepe-liga waar hy tans die 12de posisie beklee ná vier wedstryde.

Die span het reeds drie nederlae in dié kompetisie gelei en speel Saterdag 22 September weg teen Santos FC. Die span sal weer wenmomentum moet kry teen Santos.

You need to be Logged In to leave a comment.