Al die jong bakkers in die land skuif nader: dis tyd vir Koekedoortjie op kykNET!
Eers was dit die kinders wat kosmaak in die kombuis met Kokkedoortjie, maar nou het kykNET besluit om die Kokkedoorkombuis oop te maak vir kinders wat bak – hetsy soet of sout, brood, pastei of koek – as jy tussen 9 en 13 jaar oud is en die klitser laat sing en die oonde laat dreun in julle kombuis, is Koekedoortjie nét vir jou!
Aan die stuur van Koekedoortjie staan Kokkedoortjie se geliefde duo Mari-Louis Guy en Nic van Wyk. Dis vir húlle vir wie die deelnemers sal moet beïndruk met hul heel beste gebak om met die wentitel weg te stap.
Elke deelnemers sal ook ’n ma of pa, ouma of oupa moet saambring, wat nie net as chaperone sal dien nie, maar ook as bakinspirasie en bakmaat in van die uitdagings!
Om in te skryf stuur ’n e-pos na koekedoortjie@homebrewfilms.tv of 021 422 3452 vir meer inligting.
Die deelnemer en sy voog/chaperone moet beskikbaar wees van 23 September tot 7 Oktober om in Kaapstad te verfilm aan die reeks (alle reis en verblyf sal voorsien word).
Inskrywings is nou oop tot 25 Augustus. Oudisies vind plaas in die week van 4 – 7 September.
Net soos Kokkedoortjie is daar groot pryse vir die wenner van Koekedoortjie op die spel.
Kokkedoortjie se wenner was Edwin Theron van Worcester en die naaswenner was Christi Myburgh van Bloemfontein. Beide het pas terug gekeer van fantastiese oorsese vakansies wat hulle onderskeidelik met die komplimente van Pentravel gewen het vir hul deelname aan Kokkedoortjie.