Jong gholfspelers beïndruk

Drie plaaslike knapies het die Westelike Provinsie junior gholfspan onlangs teen Boland in Worcester op die gholfbaan, wat deur Gary Player ontwerp is, verteenwoordig.


Drie plaaslike knapies het die Westelike Provinsie junior gholfspan onlangs teen Boland in Worcester op die gholfbaan, wat deur Gary Player ontwerp is, verteenwoordig.

Volgens afrigter Shawn Con­rad het die seuns redelik goed vertoon, maar daar is beslis ruimte vir verbetering.

Gavanie Baartman (o.15) het die 18 putjies met 82 houe vol­tooi vir ’n algehele sewende plek uit 32 deelnemers. Quewin Botha (o.13) het sy dag in die 11de met 92 houe geëindig en Diego Thomas (o.15) het die baan met 85 houe voltooi vir ’n algehele 13de plek.

Volgens Conrad gaan dié drie ook aan verskeie junior ope toer­nooie gedurende die skool­va­kansie deelneem met die Kuilsrivier TaylorMade-kam­pioenskap wat 1 April begin.

Die ander kompetisies is die Parow-, Bellville-, Mowbray-, Durbanville- en die Royal Cape-kampioenskap.

Volgens Conrad is gholf in Atlantis onder junior spelers baie gewild en hy rig reeds 80 spelers tussen 8 en 15 jaar af.

You need to be Logged In to leave a comment.