Sensai Quinn Okkers en hulpafrigter Melanie September van die Mamre-judoklub het einde Oktober weereens sy staal gewys by die Eden-distrik Internasionale Judo-opetoernooi in George.
Die klub het maar in sy tweede kompetisie deelgeneem sedert sy ontstaan twee maande gelede en laat sy teenwoordigheid geld.
Okkers en sy troepe het 14 medaljes gekry waarvan vyf brons, vyf silwer en vier goues.
Dit bring die klub se totale medaljes tot 39 te staan in die twee toernooie. Die klub, wat twee keer per week oefen, is beslis ’n krag om mee rekening te hou en hoop om selfs nog te verbeter. Die klub bied Saterdag 16 Desember ’n toernooi in Mamre aan en hoop dat inwoners in hul massas sal opdaag om hom te ondersteun. Besoek sy Facebookblad vir nog inligting oor die venue by: www.fb.com/ MamreJudo Club.