Jy kan baie doen om klimaat te help verbeter

Klimaatsverandering word gedefinieer as die langtermyn-uitwerking wat menslike aktiwiteite op die temperatuur en tipiese weerpatrone op ’n plek het.


Klimaatsverandering word gedefinieer as die langtermyn-uitwerking wat menslike aktiwiteite op die temperatuur en tipiese weerpatrone op ’n plek het.

Die COP26-konferensie, wat onlangs gehou is, het dit voor doel gehad om regerings sover te kry om ooreen te kom om klimaatsverandering te bekamp.

COP26 is van 31 Oktober tot 12 November in Glasgow, Skotland gehou en het internasionale politieke leiers, omgewingsbewustes en klimaatsverandering-aktiviste bymekaargebring.

Die huidige klimaatsverandering is die gevolg van verskillende oorsake, soos die verbranding van fossielbrandstowwe wat aardgas, olie en steenkool insluit. Die verbranding van hierdie materiale stel kweekhuisgasse, wat meestal koolstofdioksied is, in die aarde se atmosfeer vry. Dit veroorsaak dat die gas die son se hitte vasvang, wat weer die planeet se temperatuur laat styg.

Mense gebruik hierdie fossielbrandstowwe vir hul huise, fabrieke en vervoer, en hoe meer dit gebruik word, hoe vinniger word ons klimaat daardeur beïnvloed. Die weer het geweldig begin verander met die warmste jaar tot nog toe wat in 2020 aangeteken is. Die aarde se gemiddelde temperatuur het sedert die 1880’s met meer as twee grade gestyg, en die hoeveelheid CO2 in die lug het met 50% gestyg.

Klimaatsverandering – spesifiek in Suid-Afrika – lei tot toenames in temperatuur en veranderlikheid in reënval. Uiterste weerstoestande soos hittegolwe, storms en droogtes word meer prominent as gevolg daarvan. Hierdie gebeurtenisse bedreig lewens en lewensbestaan.

Namate klimaatsverandering erger word, het sommige plekke onbewoonbaar geword as gevolg van lang droogtes of hewige oorstromings. Oseane en al die lewende wesens daarin word ook bedreig. Met 240 km se kuslyn is Kaapstad die perfekte voorbeeld van ‘n metropool aan die voorpunt van die klimaatkrisis.

’n Nuwe ongepubliseerde Verenigde Nasies-verslag waarsku dat stede wat langs kuslyne en deltas gebou is, die risiko loop om uitgewis te word, saam met honderde miljoene van hul bevolkings, namate klimaatsverandering seevlakke laat styg.

Groot veranderinge moet van regerings en sakeondernemings kom, maar wetenskaplikes sê met ’n paar klein veranderinge in jou daaglikse lewens kan die impak op die klimaat beperk word. Dit is maklik om ook ’n positiewe verskil maak deur sommige of al die stappe hieronder toe te pas:. Laat jou stem by dié wat in beheer is, hoor;. eet minder vleis en suiwelprodukte;. Isoleer jou huis om verhitting- of verkoelingskoste te verminder. vlieg en ry minder;. beskerm groen ruimtes en plant bome;. herwin alles wat jy kan;. verminder vermorsing;. verhit jou water met hernubare energie soos sonkrag;. spaar water – dit verg baie energie om jou water te pomp, te verhit en te behandel;. plant meer geharde inheemse plante wat minder water nodig het;. gebruik energiebesparende gloeilampe;. gebruik minder plastiek en kies meer omgewingsvriendelike materiale; en. vermy plastiek vir eenmalige gebruik, soos strooitjies of plastiek eetgerei.

Stappe om koolstofvrystellings te verminder, sal gevolglik ’n positiewe uitwerking op ander plaaslike kwessies hê, soos die verbetering van luggehalte en openbare gesondheid. As elke individu in Suid-Afrika hierdie aksies toepas en daartoe verbind is, kan ons ’n groot verskil maak. Geen optrede is te klein of nie goed genoeg nie.

Doen alles wat jy kan om te help. Dit is nooit te laat om op te tree nie. Doen dit – nie net vir onsself nie, maar vir die toekoms van ons kinders en ons kinders se kinders. Onthou – genesing van die planeet begin in jou motorhuis, in jou kombuis en by jou eetkamertafel.. Besoek www.atlantissez.com of stuur e-pos na hello@atlantissez.com vir nog inligting oor klimaatsverandering en wat ons as ’n organisasie doen om ’n groener ekonomie te bevorder.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.