Kaapse radiostasie besoek Atlantis

Die Kaapse radiostasie, Heart 104.9fm, het Donderdag 15 Junie Atlantis besoek, as deel van hul 16 Dae vir Jeug-inisiatief.


Die Kaapse radiostasie, Heart 104.9fm, het Donderdag 15 Junie Atlantis besoek, as deel van hul 16 Dae vir Jeug-inisiatief.

Hulle het van Wesfleur Primêr uitgesaai en met verskeie gemeenskapslede, leiers en organisasies gesels.

Die Kaapse Kobras-krieketspan het saam met die radio-omroepers sop en pakkies aan leerders uitgedeel en het ook deelgeneem aan sportprogramme wat aangebied is.

Weskus Nuus het in die laaste uitgawe berig van die 10-jarige Aubrey Meyer, wat ’n nuwe prostese gaan ontvang van die Jumping Kids-organisasie. Hy en afrigter, Tashwell Adams, het gevra vir donasies om tydens die skoolvakansie na Pretoria te reis om met die organisasie te ontmoet.

Heart 104.9 fm het tydens hul besoek aangebied om die twee se reis en verblyfkoste te dek.

You need to be Logged In to leave a comment.