Atlantis-sokkervereniging se Premierliga verdedigende kampioen Aberdeen, is die enigste onoorwonne span in die liga.
Romario Prins se span wat al ses ligawedstryde gewen het, het op 15 en 16 Julie sy dubbelprogram gewen deur met FC Bayern 2-0 en Chatsworth Rising Stars 5-0 af te reken.
Jomos Power (ook ses wedstryde), wat tweede plek op die punteleer beklee sowel as Robinvale Spurs, wat derde is na vyf wedstryde, het ook hulle naweekwedstryde gewen.
Jomos Power het Atlantis Leeds United met 8-2 en FC Bayern met 7-0 gewen terwyl Robinvale eers die onvoorspelbare Wesfleur met 1-0 geklop het en op 16 Julie Parklands met 2-0 oorrompel het.
Premieruitslae Saterdag 15 Julie: Atlantis Arsenal 2 Parklands 2; Atlantis City het 2-0 gewen omdat Chatsworth Rising Stars versuim het om op te daag.
Premieruitslae Sondag 16 Julie: Atlantis Arsenal 4 Atlantis City 2; Wesfleur 2 Pella Sporting 1.
Premieruitslae Saterdag 22 Julie: Aberdeen 3 Jomos Power 3; Robinvale Spurs 1 Atlantis City 1; Atlantis Leeds 4 Wesfleur 2; Arsenal 4 Chatsworths 1 en Parklands 4 Pella Sporting 0.
- Saterdag 29 Julie pak Robinvale Spurs vir Atlantis Arsenal, Chatsworth Rising Stars teen Jomos Power, Wesfleur teen FC Bayern, Pella Sporting teen Atlantis City en Parklands teen Atlantis Leeds United. Die Premierliga eerste ronde uitklopwedstryde word Sondag op die Robinvale-sportveld beslis.