Kansa Relay for Life trek honderde

Sowat 500 dagbesoekers het die funksie bygewoon en 40 spanne het ingeskryf vir vanjaar se Mamre Atlantis Pella Kansa Relay for Life, wat einde Oktober by die Mamre-sportgrond gehou is.


Sowat 500 dagbesoekers het die funksie bygewoon en 40 spanne het ingeskryf vir vanjaar se Mamre Atlantis Pella Kansa Relay for Life, wat einde Oktober by die Mamre-sportgrond gehou is.

“Ons was bevoorreg om Kansa se ‘Global Hero Of Hope’, Anthea Lewis, as gasspreker by die ‘luminaria’-seremonie te hê asook dr. Wilbur Kraak, wat die motiveringspraatjie gehou het by die openingseremonie vir spanne en oorwinnaars,” verduidelik Chad Abrahams, een van die organiseerders.

Van die hoogtepunte van vanjaar se Kansa Relay for Life was die “luminaria”-seremonie, waar daar eer gebring word aan familie en vriende wat die stryd teen kanker verloor het.

“Hierdie jaar was die ‘Fight Back’-seremonie ook ’n hoogtepunt. Twee lede van elke span was gevra om te kom vertel hoe hulle in die toekoms sal terugveg teen kanker of mense bewus maak oor kanker,”sê Abrahams.

Die jaar se tema was “sport” en die organiseerders sê spanne het hulle goed van hul taak gekwyt om die tema uit te beeld.

Van die wenners was: The Sunflowers (beste spangees), Pink Ladies en Panthers (meeste geld ingesamel), The Catchers (beste tema uitgebeeld: hulle het visvang as sport gekies en visgerei saamgedra) en NAC Atlantis (beste missie uitgebeeld).

“Ons bedank graag die komiteelede, versorgers, spanne, oorwinnaars en borge, want sonder julle kan ons nie ’n suksesvolle Kansa Relay for Life-funksie aanbied nie”.

You need to be Logged In to leave a comment.