Met sy geliefde woorde “hoe gaan dit?” nog vars in baie se geheue, is die gemeenskapswerker, pastoor Alfred Wagenstroom, Vrydagoggend, 9 November, skielik op die ouderdom van 53 oorlede.
Wagenstroom, ook voorsitter van die Atlantis-pastoraleforum, het diep spore in die Atlantis-gemeenskap getrap en was by verskillende gemeenskapsprojekte betrokke.
Volgens ’n familielid het Wagenstroom Vrydagoggend siek gevoel en is hy met sy aankoms by die hospitaal oorlede.
. Begrafnisreëlings is as volg: Saterdag 17 November om 08:30 by Saxonsea Primêre skoolsaal. Vriende en familie word ook genooi na die gedenkdiens Dinsdagaand om 18:30 by dieselfde saal en Donderdag om 18:30 by die First Baptist-kerk op die hoek van Charl Uysrylaan en Dahliastraat.