Kliniek met swaaiende sterte verwelkom

Die mobiele dierekliniek van die The Peoples Dispensary for Sick Animals (PDSA) is weer terug in Atlantis – ná ’n afwesigheid van byna ’n jaar.


Die mobiele dierekliniek van die The Peoples Dispensary for Sick Animals (PDSA) is weer terug in Atlantis – ná ’n afwesigheid van byna ’n jaar.

Volgens Veronica Nel, hospitaal­bestuurder, is daar steeds ’n personeeltekort, maar vir eers moet dienste gelewer word aan gemeen­skap­pe wat dit baie dringend nodig het.

Nel sê voorts dat hulle steeds poog om ’n tweede mobiele kliniek op die pad te kry.

Dié kliniek, wat Mamre en Atlantis twee keer per week besoek, is wyd deur die gemeenskap verwelkom.

Met Weskus Nuus se besoek aan die dierekliniek was daar baie mense wat hul diere vir mediesesorg gebring het.

Inwoners is dit eens dat hulle die dienste baie gemis het, maar sê hulle is bly die kliniek is weer terug, aangesien baie nie die kostes van privaat veeartse kan bekostig nie.

You need to be Logged In to leave a comment.