Kom brei saam vir Madibadag

Hulle noem hulself Vriende van die Biblioteek en skroom nie om hand in eie sak te steek nie.


Hulle noem hulself Vriende van die Biblioteek en skroom nie om hand in eie sak te steek nie.

Só sê Sylvia Brand, voorsitter van die Vriende van die Biblioteek-organisasie.

Dié groep vroue kom elke Donderdag by die Wesfleur-biblioteek bymekaar, waar hulle serpe, komberse en mussies brei. Hulle gaan dié items dan op Madibadag (18 Julie) aan verskeie organisasies in die dorp skenk.

Volgens Brand, gaan dit broekskeur met die organisasie omdat lede wol en ander benodigdhede uit hul sak moet koop.

Sy nooi graag die gemeenskap om by die projek betrokke te raak.

Individue of winkels wat wol of breipenne wil skenk, kan dit by die biblioteek inhandig.

You need to be Logged In to leave a comment.