Die bekende nagklub Rendezvouz in Malmesbury het ’n heeltemal nuwe voorkoms ondergaan om sy gereelde kliënte ’n nuwe beeld te gee.
Rendezvouz maak sy “nuwe” deure Saterdag 30 Maart oop.
Volgens die eienaar, Ralf Afrika, sal die gewilde DJ NV Funk van Kaapstad, wat sy loopbaan in 2012 begin het toe hy nog by die Soul Candi Musiek-instituut studeer het, gaste vermaak.
DJ NV Funk bring sy eie unieke styl deur tromme te slaan saam met die musiek wat hy speel.
Yuzriq Meyer (24), wat bekendheid verwerf het met sy ontbytprogram op radio en sy videos op sosiale media waarmee hy gereeld mense reg oor die land vermaak, sal ook deel van die openingsaand se program wees.