Koplose lyk: man reeds twee weke vermis

Sosiale media het gegons na die ontdekking van ’n koplose lyk Donderdag 16 Februarie in die bosse.


Sosiale media het gegons na die ontdekking van ’n koplose lyk Donderdag 16 Februarie in die bosse.

’n Lid van die gemeenskap het omstreeks 18:00 op die oorblyfsels afgekom. Volgens inwoners van Kanonkop, het ’n kind reeds vroeër die week glo vertel van die lyk, maar niemand wou hom glo nie.

“Die half ontbinde lyk se kop is etlike meters van die liggaam gekry en dit is tans onduidelik hoe die liggaam onthoof is,” sê provinsiale polisie-woordvoerder, kapt. FC van Wyk.

Volgens van Wyk, wag die polisie ook nog op die nadoodse ondersoek om die oorsaak van die dood te bepaal.

Kapt. Cyril Dicks, Atlantis-polisiewoordvoerder, het Maandag op Radio Atlantis gesê ’n nadoodse ondersoek het bevestig dat die kop nie afgekap is nie.

Dicks meen die lyk het reeds begin ontbind en honde kon die kop weggedra het. Teen druktyd was dit steeds onbekend hoe die man dood is en of dit moord is. Die lyk is egter geïdentifiseer as die van ’n man wat einde Januarie as vermis gerapporteer is.

You need to be Logged In to leave a comment.