Atlete van reg oor die provinsie het Saterdag die koue en nat weer in die vierde Mamre-halfmarathon trotseer.
Die koue winterweer het die atlete nie juis beïnvloed nie en Akhona Malcila van Sanlam het die verdedigende kampioen, Siviwe Nkombi van Murray & Roberts, met 12 sekondes geklop.
Die wedloop het hierdie jaar ’n nuwe roete gevolg en Malcila, wat verlede jaar 18de geëindig het, het die nuwe roete gewis tot sy voordeel ingespan.