Akhona Malcila van die Sanlam-atletiekklub het die mansafdeling van die Mamre-halfmarathon in 1:09:05 gewen.Foto: Murphy Roberts


Atlete van reg oor die provinsie het Saterdag die koue en nat weer in die vierde Mamre-halfmarathon trotseer.

Die koue winterweer het die atlete nie juis beïnvloed nie en Akhona Malcila van Sanlam het die verdedigende kampioen, Siviwe Nkombi van Murray & Roberts, met 12 sekondes geklop.

Die wedloop het hierdie jaar ’n nuwe roete gevolg en Malcila, wat verlede jaar 18de geëindig het, het die nuwe roete gewis tot sy voordeel ingespan.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 December 2025
    https://weslander.co.za/weslander-e-edition-11-december-2025/

Gift this article