Quewin Botha (13) is Weskus Nuus en Super Sport se Lets Play-wenner vir die maand.Foto: Clement Trussell


Quewin Botha (13), ’n graad 7-leerder aan Parkview Primêr, is besig om plaaslike gholfbane aan die brand te speel.

Botha, wat in die bendegeteisterde Neptune Castle woon, het ’n “natuurlike aanvoeling vir die spel”, sê sy afrigter, Shawn Conrad. Volgens Conrad sal Quewin binnekort moet kies tussen sokker en gholf. Die kranige jong gholfspeler wat verlede jaar die Westelike Provinsie in die o. 13-ouderdomsgroep verteenwoordig het, het onlangs sy eerste kolhou op die Clovelly-gholfbaan behaal.

Quewin gaan 15 Junie aan die WP-kampioenskap deelneem en probeer die o. 15-span haal. Sy droom is om in ’n groen baadjie op Augusta in VSA te speel, een van die gewildste gholfbane ter wêreld. Hy wil ook soos sy rolmodel, Tiger Woods, in verskillende lande en kontinente gholf speel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 9 December 2025
    https://weslander.co.za/weslander-e-edition-11-december-2025/

Gift this article